Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 29 SEPTEMBER 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend met die nuus van drie stil sleutels.

Dit is met hartseer dat ons aankondig dat die sleutels van Marlene Swanepoel, Leon Havenga en Henk van de Pol die afgelope week stil geword het.

Marlene Swanepoel ex-ZS6SMA is op Woensdag 18 September oorlede. Ons meegevoel met haar suster Sonja, broer David Fritz, ander familie en vriende.

Leon Havenga, ex-ZS2QG, ex-ZS4WW en ex-ZS1EE, is die afgelope naweek oorlede. Ons innige meegevoel met sy vrou Sybil, dogter Tania, seun Adrian, ander familie en vriende.

Henk van de Pol ZS1VDP, 'n lid van die Oakdale ARK is op Maandag 23 September oorlede. Ons innige meegevoel met sy vrou Sheryl, sy seuns Ryan en Calvin, ZS1VFR, familie en vriende.

POUSE

In die nuus, vandag:

DIE SARL 80 M QSO-GESELLIGHEID OP DONDERDAG

VOLDOEN JOU KLUB AAN DIE BELASTING VOORSKRIFTE?

en

DIE 80 M KLUB NAELLOOP OPPAD NA ‘N INTERESSANTE FINAAL

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE SARL 80 M QSO-GESELLIGHEID OP DONDERDAG

Die tweede been van die SARL 80 m QSO-Geselligheid is van 17:00 tot 20:00 UTC op Donderdag 3 Oktober 2019 op die lug, met foon aktiwiteit tussen 3 603 en 3 650 en 3 700 tot 3 800. Let daarop dat die segment 3 651 tot 3 699,99 kompetisie vry. Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-sein verslag en jou naam. Jy kry 10 punte vir elke QSO met 'n Suid-Afrikaanse stasie en 15 punte met 'n stasie buite Suid-Afrika. Dien jou logstaat SLEGS in MS Excel-formaat voor Donderdag 10 Oktober 2019 na 27796600008@vodamail.co.za

DIE ANTIEKE DRAADLOOS VERENIGING BUIS QSO-GESELLIGHEID

Die tweede been van die ADV Buis QSO-Geselligheid vind op Saterdag 5 en Sondag 6 Oktober plaas. Die AM QSO-Geselligheid word gehou van 13:00 tot 17:00 UTC op Saterdag 5 Oktober en die SSB QSO-Geselligheid word gehou van 13:00 tot 17:00 UTC op Sondag 6 Oktober met aktiwiteit op 40 en 80 meter. Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-verslag, 'n opeenvolgende reeksnommer vanaf 001 en die tipe radio wat jy gebruik. Die logstate moet teen Maandag 21 Oktober 2019 by andyzs6ady@vodamail.co.za ingedien word. Raadpleeg die Blouboek van 2019 vir al die reëls.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

VOLDOEN JOU KLUB AAN DIE BELASTING VOORSKRIFTE?

In die Oktober 2019-uitgawe van Radio ZS, bespreek Louw, ZS6LME wat jou klub moet doen om belastingpligtig te wees. Clarissa, ZS6LIS en Alastair, ZS6S vertel van hul deelname aan YOTA 2019 in Bulgarye. In BHF News kyk ons na die kortpad somer-sonstilstand-voortplanting en Tom, ZS1TA, vertel van tropo geleiding. Lees meer oor die begin van AM-radio in die Museum Stuk, Henry, ZS1AAZ bespreek skakel modus kragbronne en nuwe tegnologieë wat ons denke verander. As jy van tuisbou hou, het ons 'n ‘dummy-load’ en kragmeter vir HF, 'n baie eenvoudige toetser vir koax integriteit en 'n USB-beheer kabel vir Icom-senders wat jy kan bou. Was die 1921 Son uitbarsting groter as die Carrington uitbarsting? En die redakteur vra, "wie is Olivia?"

Die Oktober Radio ZS is vanaf Maandagoggend 30 September beskikbaar op die Liga se webwerf.

DIE 80 M KLUB NAELLOOP OPPAD NA ‘N INTERESSANTE FINAAL

Wie sal die wenner wees van die 2019 Woensdag 80 m Klub Naelloop? As gekyk word na die algehele uitslae na vier bene van die Naelloop, kan dit die Boland of die Wesrand klub wees wat die trofee neem? Die vyfde en laaste been van die 2019 Naelloop vind op Woensdag 20 November.

Die kompetisie komitee het 57 logstate en een kontrolelog ontvang vir die vierde been van die 80 m Klub Naelloop wat op 18 September gehou is. 900 QSOs word weerspieël in die 57 logstate (897 ESB en 3 gelykgolf). Die 58 logstate wat ontvang is, is ook 'n rekord vir logstaat indienings.

1ste die Boland-ARK - 1 287 punte (20 logstate)
2de die Wesrand ARK - 868 punte (19 logstate)
3de Bo-Karoo ARK - 327 punte (9 logstate)

Die algehele resultate na 4 bene is
1ste die Boland ARK - 2 397 punte
2de die Wesrand ARK - 2 263 punte ('n verskil van 134 punte)
3de die Bo-Karoo ARK - 1 633 punte

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Met die onlangse dag-en-nag-ewening kan amateurs veral rondom sonsopkoms en sonsondergang goeie DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Eindig om middernag UTC vanaand - die CQ WW RTD-kompetisie
3 Oktober - die SARL 80 m QSO Geselligheid
5 Oktober - die AWA AM Buis QSO Geselligheid
6 Oktober - die AWA SSB Buis QSO Geselligheid
12 Oktober - die Lente QRP-kompetisie
18 tot 20 Oktober - Jamboree op die Lug
19 Oktober - CQ Hou Koers en die RAE
26 en 27 Oktober - die CQ WW DX ESB-kompetisie
23 November - die SARL BHF Werkswinkel

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die tweede been van die SARL 80 m QSO-Geselligheid is van 17:00 tot 20:00 UTC op Donderdag 3 Oktober 2019 op die lug, met foon aktiwiteit tussen 3 603 en 3 650 en 3 700 tot 3 800. Let daarop dat die segment 3 651 tot 3 699,99 kompetisie vry. Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-sein verslag en jou naam.

Dit sluit ons bulletin vir vanoggend af.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending deur Andy, ZS6ADY vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel en geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003